Kovsie FM 97.0

Kovsie FM 97.0
Stad Bloemfontein
Uitsaaigebied Vrystaat
Frekwensie 97.0 MHz
Kovsie FM 97.0
Slagspruik Ultimate Campus Radio
Programmering
Tale Engels
Afrikaans
Sesotho
Formaat Gemeenskapsradio
Affiliasies Universiteit van die Vrystaat
Geskiedenis
Aanvangsdatum 1978
Tegniese inligting
Lisensiëringsowerheid OKASA
Skakels
Webblad www.facebook.com/KovsieFM97

Kovsie FM 97.0 is 'n kampus- / gemeenskapsradiostasie in Bloemfontein, Suid-Afrika. Die radiostasie is geleë op die Bloemfontein-kampus van die Universiteit van die Vrystaat. Die uitsaaigebied sluit 'n radius van ongeveer 80 kilometer in. [1]

Kovsie FM is in 1978 deur 'n groep studente gestig en het slegs binne die kafeteria uitgesaai. Die Onafhanklike Uitsaai-owerheid, nou bekend as OKASA (Onafhanklike kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika), het in 1995 'n uitsaailisensie met die frekensie 97.0 FM aan die radiostasie verleen. [2]

Kovsie FM 97.0 saai in Engels, Afrikaans en Sesotho uit. Die gehoor sluit die jeug tussen die ouderdom van 15 en 35 in. Die radiostasie se missie is om gemeenskapsbetrokkenheid, opleiding, ontwikkeling en volhoubaarheid te bevorder. Kovsie FM bied ook 'n platform vir plaaslike musikante en saai nuus uit wat akkuraat en onpartydig is.

Die stasie het agt voltydse personeellede, waaronder 'n stasiebestuurder (Gerben van Niekerk), programbestuurder (JayBee Mohlante), bemarkingsbestuurder (Thendo Limbo), musiekbestuurder, produksiebestuurder (Morena Sprinkaan), sportredakteur en nuusredakteur.

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named facebook
  2. "The Regulator for the South African Communications, Broadcasting, Postal Sectors". ICASA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 April 2021. Besoek op 9 Mei 2012.

Developed by StudentB